top of page

Maimane bevestig die Nasionale Dialoog kos amper 'n halfmiljoen rand

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 22
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa wil met siviele stigtings, insluitend die Steve Biko- en Thabo Mbeki-stigtings, wat die Nasionale Dialoog boikot, skakel.

Die stigtings het die dialoog verlaat weens vrese dat dit vir politieke doeleindes gekaap is, terwyl hulle ook kommer uitgespreek het oor die koste en gebrek aan deursigtigheid.

Intussen het dit aan die lig gekom dat die Nasionale Dialoog net oor R485 miljoen gekos het. Leier van Build One South Africa (BOSA), Mmusi Maimane, het gesê die minister van finansies, Enoch Godongwana, het dié bedrag aan hom bevestig.

Ramaphosa het by die Nasionale Konvensie verlede week Suid-Afrikaners gerus gestel dat hy nie sal toelaat dat die belastingbetalers se geld so gebruik word nie.

 
 
 

Comments


bottom of page