top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Majodina kritiseer munisipaliteite oor swak waterbestuur

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 12, 2024
1 min read

Johannesburg se waterkrisis vererger steeds, aangesien die metro gedwing is om vanaf Donderdag waterbeperkings in te stel. Eyewitness News berig byna die helfte van al die water wat Johannesburg van Rand Water verkry gaan verlore weens onwettige aansluitings, lekkasies en infrastruktuurprobleme. Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, gee die skuld aan munisipaliteite in die provinsie vir hul gebrek aan onderhoud en vooruitbeplanning. Gauteng bevind hom tans in ’n dreigende waterkrisis. Damvlakke daal vinnig, en Rand Water het die maksimum hoeveelheid water bereik wat hulle uit die geïntegreerde Vaaldam-rivierstelsel kan onttrek om munisipaliteite by te staan.

 
 
 

Comments


bottom of page