top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Majodina sal die Lesotho-hooglandwaterprojektonnel heropen

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 16, 2025
  • 1 min read

Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sal Sondag die Lesotho-hooglandwaterprojektonnel in Clarens in die Vrystaat heropen. Volgens Newskoop is die tonnelstelsel in Oktober verlede jaar vir ʼn tydperk van ses maande gesluit vir ʼn gesamentlike instandhoudingsoperasie. Die tonnel sou in Maart vanjaar heropen, maar weens vertragings wat ondervind is in die suiderlike afleweringstonnel aan die kant van Lesotho, is die sluiting verleng om die instandhoudingswerk te voltooi. Die instandhoudingswerk is nou afgehandel en die proses om die tonnels met water in Lesotho te hervul, is hervat. Water sal na verwagting op 22 Mei by die Asrivier-uitvloei naby Bethlehem aankom.

 
 
 

Comments


bottom of page