top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Maksimum tronkstraf vir Kelly Smith aanbeveel

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 28, 2025
1 min read

Terwyl slotbetoë in die Joshlin Smith-saak Woensdag verwag word, het ‘n proefbeampte die maksimum tronkstraf vir die drie skuldiges aanbeveel. eNCA berig volgens die beampte het Joshlin se ma, Kelly Smith en haar twee mede-skuldigdes geen berou getoon nie. Maatskaplike werker Errol Pietersen het 'n gedetailleerde voorvonnisverslag oor Kelly, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn saamgestel. Hy beskryf Appollis as 'n leuenaar en Van Rhyn as 'n bedreiging vir die samelewing. Hy is ook van mening dat Smith die ontvoering en handeldryf georkestreer het. Die drie is vroeër die maand aan die ontvoering en mensehandel van Joshlin, wat sedert Februarie verlede jaar vermis word, skuldig bevind.

 
 
 

Comments


bottom of page