top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Makume kondig goedgekeurde besigheidsaansoeke in Bfn aan

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 4 days ago
  • 1 min read

Die Vrystaatse LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ketso Makume, sal na verwagtig Donderdag in Bloemfontein die uitslae van aanlyn aansoeke vir befondsing aan klein, medium en mikro-ondernemings bekend maak.


Die aankondiging volg ná twee aansoekvensters wat verlede jaar geopen is om spaza-winkels, informele handelaars en ander besighede te ondersteun.


Meer as 2 000 aansoeke is in totaal ontvang, met 1 064 tydens die eerste venster en nog 970 in die tweede ronde. Die departement sê sommige aansoeke is ook na instellings soos banke en ontwikkelingsfinansieringsliggame verwys.


Makume sal besonderhede gee oor watter aansoeke goedgekeur is, asook die finansiële uitbetaling en verspreiding daarvan.


Ketso Makume. FOTO: Facebook
Ketso Makume. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page