top of page

Malaria eis ‘n Vrystaatse leierboer

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 2
  • 1 min read

Die landbougemeenskap van Luckhoff in die Vrystaat rou oor die dood van eertydse Vrystaatse Jongboer van die jaar, Albé Grobbelaar.


Netwerk24 berig hy is Woensdag in die Mediclinic Bloemfontein aan malaria oorlede.


Sy vrou, Sorita, is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal, terwyl sy 23-jarige seun, Louis, goed aansterk.


Volgens Grobbelaar se suster, bly dit ‘n groot raaisel waar die gesin malaria kon opdoen, aangesien die Vrystaat nie ‘n malaria-gebied is nie.


Hulle was glo ook nie onlangs uit die provinsie nie.


Die hospitaal het reeds die gevalle by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en die Vrystaatse gesondheidsowerhede aangemeld.


Die Grobbelaar gesin. FOTO: Netwerk24
Die Grobbelaar gesin. FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page