Malaria-gevalle skiet die hoogte in
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Malaria-gevalle in Gauteng het skerp toegeneem, met honderde infeksies en verskeie sterftes reeds vanjaar aangemeld.
Volgens IOL het die provinsiale gesondheidsdepartement 414 gevalle en 11 sterftes tussen Januarie en Maart bevestig.
Dit oorskry reeds verlede jaar se sterftesyfer van sewe, toe 666 gevalle vir die hele 2025 aangemeld is. In dieselfde tydperk verlede jaar was daar net 230 gevalle en een sterfte.
Gesondheidsowerhede beskryf die toename as ’n ernstige openbare gesondheidskwessie en waarsku dat vinnige opsporing en behandeling noodsaaklik is.
Die styging word grootliks toegeskryf aan reis gedurende die feesseisoen, met inwoners wat uit hoërisikogebiede soos Limpopo en Mpumalanga terugkeer.
Inwoners word aangeraai om onmiddellik mediese hulp te soek indien simptome soos koors, kouekoors en moegheid ontwikkel.







Comments