top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Malatsi skets planne vir ’n hersiene befondsingsmodel vir die SAUK

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14
1 min read

Die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë beoog om teen die einde van Maart volgende jaar ’n hersiene befondsingsmodel vir die openbare uitsaaier voor te lê.


Minister Solly Malatsi het dit bekend gemaak in antwoord op ’n parlementêre vraag van die ANC.


Die nuwe befondsingsmodel sal na verwagting die huidige TV-lisensieskema vervang en as grondslag dien vir die finale weergawe van die SAUK-wetsontwerp.


MyBroadband berig dat slegs 15% van TV-lisensiehouers hul lisensiegeld in die 2024/25-boekjaar betaal het.


Die Johannesburgse navorsingsfirma BMIT Knowledge Group is aangewys om die nuwe befondsingsmodel vir die openbare uitsaaier te ontwikkel.


Ter illustrasie. FOTO: Solidariteit
Ter illustrasie. FOTO: Solidariteit

 
 
 

Comments


bottom of page