top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Malatsi versoek ‘n ondersoek na SA se konsep-KI-beleid

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Apr 27
  • 1 min read

Die minister van kommunikasie en digitale tegnologieë, Solly Malatsi, het ’n ondersoek na Suid-Afrika se konsep-Kunsmatige Intelligensie (KI)-beleid versoek.


Die oproep volg op mediaberigte dat KI moontlik gebruik was om die beleid te help skryf, aangesien sommige van die akademiese artikels en joernale wat dit aanhaal, nie bestaan ​​nie.

Malatsi het die beleid vroeër vandeesmaand in die Staatskoerant vir openbare kommentaar gepubliseer.


In ’n plasing op X sê Malatsi dat hy die departement se direkteur-generaal gevra het om die saak te ondersoek en stappe te doen teen diegene wat verantwoordelik is vir enige oortredings.

 

Intussen berig SABC-nuus die departement het die konsepdokument oor die Nasionale Beleidsraamwerk oor Kunsmatige Intelligensie teruggetrek en erken dat dit nie aan die vereiste standaarde voldoen nie.


Die dokument moes 'n regulerende raamwerk bied vir die veilige gebruik van kunsmatige intelligensie in Suid-Afrika. Dit het egter sterk openbare weerstand en fel kritiek ontlok nadat die digitale nuusplatform News24 bevind het dat minstens ses van die akademiese verwysings in die dokument nié bestaan nie.


Minstens ses van die akademiese verwysings in die dokument bestaan glo nie. FOTO: Wix
Minstens ses van die akademiese verwysings in die dokument bestaan glo nie. FOTO: Wix


 
 
 

Comments


bottom of page