top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Malema appelleer teen sy skietsaak-vonnis

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 13
  • 1 min read

Die leier van die EFF, Julius Malema, het 'n aansoek by die hooggeregshof ingedien om teen sy vonnis te appelleer.


Malema is in April in die landdroshof in KuGompo-stad tot vyf jaar effektiewe tronkstraf gevonnis vir onder andere die onwettige besit van ’n vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie, en die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude of openbare gebied.


Volgens Netwerk24 sê Malema die staat se argumente is ongegrond en verregaande.


Rosestad-nuus se Armando Pieters verduidelik verder nadat hy gevonnis is, het landdros Twanet Olivier gesê Malema mag net teen sy vonnis appelleer, nie teen sy skuldigbevinding nie.


LUISTER HIER:


Armando Pieters

TRANSKRIPSIE:


Luidens hofdokumente wat in Mei by die hooggeregshof in Makhanda ingedien is, sê Malema daar is geen bewyse van ’n ooggetuie dat daar tydens die vieringe ’n vuurwapen by die stadion was nie, en ook nie dat hy die skoot afgevuur het nie. Malema sê ook in sy hofdokumente dat niemand in gevaar gestel is nie.


Die saak spruit uit ’n voorval in 2018 toe Malema geweerskote afgevuur het tydens die EFF se vyfde bestaansjaarvieringe by die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane.


Julius Malema. FOT: eNCA
Julius Malema. FOT: eNCA

 
 
 

Comments


bottom of page