Malema gaan nie oor beweerde dieremishandeling vervolg word nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 6, 2025
- 1 min read
Die leier van die EFF, Julius Malema, gaan nie op 'n aanklag van dieremishandeling vervolg word nie.
Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV) het in September 2023 ʼn strafregtelike klag teen Malema aanhangig gemaak ná die dood van ʼn bees wat in Julie daardie jaar as deel van die EFF se tiende verjaardagviering geslag is.
ʼn Video van die dier se uitgerekte dood is op sosialemediaplatforms gedeel en het groot woede veroorsaak.
Volgens Maroela Media het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) nou aan die NDBV gesê hy gaan Malema nie vervolg nie weens beweerde tekortkominge in die saak.
Die NDBV het die besluit betwis en dit is vir hersiening na die hoofaanklaer verwys. Volgens die NDBV gee die NVG die betwisde egtheid van die video as bron van kommer.






Comments