Malema is aan haatspraak skudig bevind
- Armando Pieters

- Aug 27
- 1 min read
Die EFF-leier, Julius Malema, is in die gelykheidshof in Kaapstad aan haatspraak skuldig bevind. Volgens Netwerk24 het die Menseregtekommissie aangevoer dat die uitsprake wat Malema in 2022 tydens ‘n EFF-sametrek in die Wes-Kaap gemaak het, haatspraak en aanhitsing tot geweld was. Malema het tydens die sametrek gesê mens mag nooit bang wees om dood te maak nie. Revolusie vereis dat daar in ‘n seker stadium doodgemaak moet word, want om dood te maak is ‘n revolusionêre daad. Volgens die regter was Malema se uitsprake strydig met die bepalings van die gelyksheidwet, en het dit duidelike voorneme getoon om skadeberokkening aan te hits asook om haat te bevorder of propageer.





Comments