top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Malema laat hom nie deur Trump afsit nie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 26, 2025
1 min read

EFF leier, Julius Malema, het weer die omstrede “Kill the Boer”-lied gelei.  Dit enkele dae nadat Amerikaanse president Donald Trump 'n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen het om hom vir die sing van dié lied in hegtenis te neem. Malema sê volgens iOL hy gaan nie stilgemaak word deur die dreigement van geweld nie. Dié uitlating is Sondag by die Vrystaatse Mminara-sportterrein in Koppies, waar ‘n plaaslike tussenverkiesings vandeesweek plaasvind, gemaak. Intussen het oudpresident Thabo Mbeki die omstrede lied verdedig en gesê dit is 'n simboliese uitdrukking wat gewortel is in die anti-apartheidstryd en nie 'n letterlike oproep tot geweld is nie.

 
 
 

Comments


bottom of page