top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Malema moet hof toe nadat hy 'n skoolhoof valslik van verkragting beskuldig

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 5 days ago
  • 1 min read

Die EFF-leier, Julius Malema, gaan strafregtelik vervolg word nadat hy die Oos-Kaapse skoolhoof Jaco Pieterse valslik as ’n verkragter gebrandmerk het.


Die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit om Malema van crimen injuria aan te kla spruit uit vertoë wat die hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid, Gerrie Nel, gerig het.


Rapport berig Pieterse is op sosiale media verkeerdelik van die verkragting van een van sy leerlinge beskuldig. Hy het vervolgens uit sy pos as hoof van Bergview College in Matatiele bedank.


Hoewel daar geen bewyse teen Pieterse was nie, het Malema tydens ’n EFF-geleentheid gesê die EFF gaan hom en almal wat kinders verkrag arresteer. Malema het selfs daarop gesinspeel dat Pieterse ’n reeksverkragter is.


Niemand is in verband met die saak vervolg nie, omdat daar geen bewyse was dat die kind verkrag is nie. Ondersoeke deur mediese praktisyns en maatskaplike werkers asook die ondervraging van die meisie het niks opgelewer nie.


Pieterse sê die valse bewerings het nie net hom benadeel nie, maar ook geweldige pyn vir sy familie en vriende veroorsaak.


Die woordvoerder van die EFF, Sinawo Thambo, het nie op Rapport se navrae geantwoord nie.


Julius Malema en Jaco Pieterse. GRAFIKA: Rapport
Julius Malema en Jaco Pieterse. GRAFIKA: Rapport

 
 
 

Comments


bottom of page