Malema vat 'n radio-man weer hof toe oor laster
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 23
- 1 min read
Julius Malema het opnuut die hooggeregshof in Pretoria genader vir ’n bevel wat ’n radio-omroeper in die tronk kan laat beland omdat hy glo aanhou om lasterlike uitlatings teenoor die EFF-leier te maak.
Maroela Media berig ’n omroeper van Vuma FM, Ngizwe Mchunu, is reeds vroeër deur dieselfde hof gelas om om verskoning te vra vir vorige uitlatings wat hy oor Malema gemaak het. Malema sê Mchunu het tydens 'n onderhoud met die SAUK erken hy het net om verskoning geva om dat die hof hom daartoe gedwing het.
Die EFF-leier het verlede week in die hof ’n nuwe aansoek op ’n dringende grondslag ingedien waarin hy vra dat Mchunu aan minagting van die hof skuldig bevind en ses maande tronkstraf sonder die opsie van ’n boete opgelê word omdat hy nie ag geslaan het op die hof se bevele nie.
Mchunu het glo vroeër onder meer beweer Malema is korrup, het bande met onwettige immigrante en baat finansieel by misdaad.
Malema sê hy dien nie die aansoek ligtelik in nie, maar dat dit nou duidelik geword het dat Mchunu hom nie aan ’n hofbevel steur nie.








Comments