Malema weer toegang tot Brittanje geweier
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 19, 2025
- 1 min read
Die EFF-leier, Julius Malema, is vir die tweede keer toegang tot Brittanje geweier.
Dit nadat die Britse visumkantoor sê Malema se teenwoordigheid daar “sal nie bevorderlik vir die openbare belang wees nie.”
News24 berig dit is onder meer weens sy uitgesproke steun vir die Palestynse gewapende groep Hamas.
Malema is die eerste keer ‘n Britse visum geweier in Mei vanjaar.
Hy het daarna op X geskryf hy is ‘n visum geweier “sonder enige wesenlike regverdiging,” en hy sê dit is duidelik dat dit ‘n poging is om ‘n afwykende perspektief stil te maak.







Comments