Malema wil nie saam met die DA en VF Plus werk nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 20
- 1 min read
EFF-leier Julius Malema sê sy party sal nooit 'n alliansie met die DA of die VF Plus vorm nie.
Die uitlating kom terwyl politieke partye hulle vir November se plaaslike regeringsverkiesing voorberei.
Malema sê 'n alliansie met dié twee partye sal die beginsels ondermyn waarvoor mense in die verlede geveg en opofferings gemaak het.
Hy het ook kritiek uitgespreek teen die toenemende teenkanting teen onwettige immigrante in Suid-Afrika en 'n beroep gedoen op groter eenheid tussen Afrika-state.








Comments