Malema word by beweerde sameswering geïmpliseer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 7
- 1 min read
Die leier van die EFF, Julius Malema, word geïmpliseer in getuienis wat verband hou met die misdaadintelligensie-offisier, generaal-majoor Feroz Khan.
Die hoofbewysleier van die Madlanga-kommissie van ondersoek, Matthew Chaskalson, sê Malema is in kennis gestel van die bewerings.
Volgens Chaskalson hou die bewerings verband met WhatsApp-boodskappe wat tussen 2020 en 2023 van Khan se selfoon onttrek is.
Daar word onder meer beweer dat Malema, Khan en sakeman Mo Sayed saamgesweer het om die voormalige inspekteur-generaal van Intelligensie, Isaac Dintwe, uit sy pos te verwyder.
Nog 'n bewering hou verband met inligting oor 'n polisievlootbestuurstender wat na bewering aan Khan gestuur is.







Comments