top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Man in Vrystaat vas nadat hy hom glo voordoen as Valke-hoof

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 11, 2025
1 min read

‘n Verdagte is in Petrus Steyn in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat hy na bewering voorgegee het om die hoof van die Valke te wees. Luidens SABC-nuus sal die man sal na verwagting Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog. Die verdagte het slagoffers na bewering onder die indruk gebring dat hul selfone gekuberkraak is. Hy het daarna blykbaar honderdduisend rand van die slagoffers gekry om hul selfone se sekuriteit te herstel. Die Valke sê dat geregsdienaars nie geld sal vra vir dienste gelewer nie. Nog slagoffers is gevra om na vore te kom.

 
 
 

Comments


bottom of page