Man van Glen bly in aanhouding ná aanval op kleuter

’n Man bly in aanhouding ná sy inhegtenisneming vir ’n 2-jarige meisie se beweerde aanranding. Volgens ’n polisieverklaring het die 50-jarige man haar glo teen ’n muur gegooi terwyl hy met sy vriendin rusie gehad het.Die ma het Saterdag haar twee kinders by haar 50-jarige kêrel in Glen gelos terwyl sy ’n selfoon by ’n buurvrou gaan leen het. Met haar terugkeer het ’n argument ontstaan, en die man het haar glo aangerand.Hy het die kinders wakker gemaak en beveel om te loop. Toe die 2-jarige meisie weier, het hy haar glo teen ’n muur gegooi en geslaan. Die ma het gevlug en die kind na haar ouerhuis geneem. Die kind het ernstige beserings opgedoen.Die polisie het die verdagte in hegtenis geneem. Hy verskyn weer op 8 April 2025 in die hof.








Comments