top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Man wat kankerlyer-ma vermoor kry lewenslange tronkstraf

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 18, 2024
1 min read

Maurice Butlion, ʼn 35-jarige man van Gqeberha, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy ma, die 65-jarige Sharon Ann Butlion, wat aan kanker gely het. Maroela Media berig Butlion het sy ma in September 2022 ná ʼn argument herhaaldelik met ʼn mes in hul woonstel in Park-rylaan in die Sentraal-buurt van Gqeberha gesteek. Daarna het hy ʼn tafeldoek aan die brand gesteek en met sy ma se voertuig gevlug. Hy het skuld erken en die moord op sy ma aan finansiële druk sowel as haar kankerdiagnose toegeskryf. Volgens ‘n woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Luxolo Tyali, is Butlion ook tronkstraf van sewe jaar opgelê vir brandstigting, tien jaar vir regsverydeling, en tien jaar vir die mishandeling van ouer persone.

 
 
 

Comments


bottom of page