top of page

Man word in die hof verwag oor R17 miljoen kabelskade

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Apr 10
  • 1 min read

’n Verdagte van Phuthaditjhaba moet na verwagting Dinsdag teregstaan vir skade aan infrastruktuur wat op sowat R17 miljoen beraam word. Luidens ’n polisieverklaring is ’n man van Phuthaditjhaba in hegtenis geneem nadat hy glo in ’n mangat gevind is waar hy kabels gesny het. Volgens die polisie het hulle en Telkom-personeel hom opgespoor ná ’n klag oor kabeldiefstal. Die verdagte is onder ’n watertonnel gevind met sewe gesnyde kabels en koplampe in sy besit. Hy is aangekla van beskadiging van infrastruktuur en die saak is tot 15 April 2025 uitgestel vir verdere ondersoek.

 
 
 

Comments


bottom of page