Manamela kondig veranderinge aan bestuur by Nsfas aan

Sep 12
1 min read
Die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, het maatreëls aangekondig om bestuur en leierskap by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) te versterk.
Advokaat Richardt Tlou Ramashia is as die tussentydse voorsitter van die raad aangewys, terwyl vakatures gevul sal word om die raad se kundigheid te verbeter.
Waseem Carrim sal aanbly as waarnemende hoof- uitvoerende beampte terwyl die soektog na ‘n permanente hoof- uitvoerende beampte voortduur.
Manamela sê die fokus sal wees op studentefinansiering, dienslewering, finansies, oudits, akkommodasie en gereedheid vir die 2027-akademiese jaar.









Comments