top of page

Manamela sê die departement is slaggereed vir die akademiese jaar

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 days ago
  • 1 min read

Die minister van hoër onderwys en opleiding, Buti Manamela, sê studente sal ‘n akademiese jaar ervaar wat voorbereid is op hul behoeftes.


Manamela het joernaliste in die parlement ingelig oor die departement se gereedheid vir die 2026 akademiese jaar. Hy het ‘n oorlogskamer opgestel waar kwessies wat gewoonlik tydens die registrasietydperk ondervind word, bestuur sal word.


Manamela sê hy wil vertroue tussen studente en die departement herbou deur jaarlikse bekommernisse soos befondsingskwessies, registrasie-agterstande, akkommodasietekorte en swak kommunikasie aan te spreek wat dikwels tot ontevredenheid en protesaksie lei.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page