Mandela is vandag 36 jaar gelede uit die tronk gelaat
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 11
- 1 min read
Vanjaar is dit 36 jaar sedert oudpresident Nelson Mandela op 11 Februarie 1990 uit die tronk vrygelaat is nadat hy 27 jaar gevange was.
Sy vrylating het die begin van die einde van apartheid ingelui en die pad gebaan vir onderhandelinge oor ’n demokratiese Suid-Afrika.
Mandela het later duisende ondersteuners by die Kaapstadse stadsaal toegespreek in sy eerste openbare toespraak in dekades.
Die herdenking word onthou as ’n oomblik wat die land se geskiedenis verander het.







Comments