Mangaung-gevangenes beskuldig die plaaslike polisie van vooroordeel
- Armando Pieters

- Jul 14
- 1 min read
Gevangenes van die Mangaung Korrektiewe Sentrum kla dat die plaaslike polisie hulle geregtigheid ontsê. Hulle beweer dat die base en beamptes van die Bloemspruit-polisiestasie in Bloemfontein hulle met arrogansie behandel wanneer hulle gevalle van aanranding en ander menseregteskendings teen gevangenisbeamptes aanmeld. Een gevangene het aan Sunday World gesê dat hy in Maart verlede jaar aangerand en mediese hulp geweier is. Hy beweer niks is gedoen na hy ‘n aanranding en martelingsaak by die polisietasie aanhanging gemaak het nie. Intussen meld die Regterlike Inspektoraat vir Korrektiewe Dienste se klagtebestuurder in haar ondersoekverslag dat geweld gebruik is aangesien die gevange ‘n gevaarlike en hooggeplaaste generaal in die 28-gevangenisbende is. Vrystaatse polisiewoordvoerder, luitenant kolonel Thabo Covane, bevestig ’n saak van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed te veroorsaak, is by die Bloemspruit-polisiestasie aanhangig gemaak en dat die ondersoek voortduur.





Comments