top of page

Mangaung Metro bied eerste beleggingsberaad aan

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Feb 20
  • 1 min read

Die uitvoerende burgemeester van die Mangaung Metro Munisipaliteit, Gregory Nthatisi, het die eerste tweedaagse Mangaung-beleggingsberaad by die Stadsaal in Bloemfontein aangebied. Die beraad, met die tema “A Roadmap Towards an Inclusive Economy”, het volgens FS Online, plaaslike en internasionale beleggers bymekaargebring om geleenthede vir ekonomiese groei in die Vrystaat te ondersoek. Nthatisi het die stad se potensiaal beklemtoon, en gesê die stad groei eksponensieel, maar uitgewys die ekonomie is nie gelyk in gemeenskappe nie. Hy het ook verskeie ondernemings uitgelig om in te belê, soos infrastruktuurontwikkeling en konstruksie, en vaste eiendom.

 
 
 

Comments


bottom of page