top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Mangaung Metro waarsku inwoners teen vals inligting

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 16, 2024
1 min read

‘n Stemnota op sosiale media rakende die ontwriting van dienslewering in die Mangaung Metro is, volgens die hoofbestuurder van kommunikasie, Qondile Khedama, vals. Die stemnota, wat inwoners teen moontlike watertoevoeronderbreking waarsku, dat vullis glo nie verwyder sal word nie asook dat grafte nie gegrawe sal word nie, moet geïgnoreer word. Volgens Khedama sal enige watertoevoeronderbreking en ander diensleweringsverwante sake in die stad amptelik deur die munisipaliteit aan inwoners gekommunikeer word. Die oorsprong van die stemnota is nog onbekend en die saak word deur die Managungse hoof van openbare veiligheid ondersoek

 
 
 

Comments


bottom of page