top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Mangaung-polisie tree proaktief op teen dwelmsindikate

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 6
  • 1 min read

Drie verdagtes is in die Mangaung-gebied in hegtenis geneem tydens die provinsiale anti-bende-eenheid se pogings om dwelmsindikate te ontmantel. 'n Aansienlike hoeveelheid Mandrax, kristalmetamfetamien en vermoedelik gesteelde eiendom is in twee afsonderlike voorvalle teruggevind.


Volgens 'n polisieverklaring het lede Maandag proaktief op inligting gereageer rakende ’n woonstel wat as ’n vermoedelik dwelmverkooppunt geïdentifiseer is. Met die polisie se aankoms het ’n vrou die deur oopgemaak, maar onmiddellik probeer om dit te versper. Beamptes het Mandrax-tablette met ’n beraamde straatwaarde van R75 000, asook 'n onbekende bedrag kontant gekonfiskeer. Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem vir dwelmhandel.


Later dieselfde dag het die eenheid na ’n woning in die Mangaung-gebied beweeg wat bekend is vir die uitruil van dwelms vir gesteelde goedere. Twee mans het die beamptes fisies probeer verhinder om ’n sinkhuis op die perseel binne te gaan. Ná ’n kort gestoei het die beamptes suksesvol toegang verkry. Die deursoeking het gelei tot die ontdekking van kristalmetamfetamien met ’n waarde van R30 000, en vermoedelik gesteelde eiendom ter waarde van ongeveer R50 000.


Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en staar aanklagte van dwelmhandel, besit van vermoedelik gesteelde eiendom en verset teen arrestasie in die gesig.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page