top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Mangaung se nuwe begroting sal ten volle befonds wees

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
May 27
1 min read

Die Mangaung-metro sê hy gaan Donderderdag ’n ten volle befondse begroting ter tafel lê.


Volgens die stadsbestuurder, Sello More, voldoen die begroting aan die vereistes van die Nasionale Tesourie en word dit as geloofwaardig, volhoubaar en befonds beskou.


Hy verduidelik ’n befondse begroting beteken dat beplande projekte en dienste deur realistiese inkomste gedek word.


Daar word egter erken dat die metro steeds finansiële druk en risiko’s ervaar, insluitend miljarde rand wat deur inwoners, ondernemings en staatsinstellings geskuld word.


Die Mangaung-metro se uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, sal die begroting aan die raad voorlê.


Sello More. FOTO: Facebook
Sello More. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page