Mangaung stel 'n inisiatief bekend om onwettige storting te bekamp
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 24
- 1 min read
Die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit het ’n “skip”-houer-inisiatief van stapel gestuur wat daarop gemik is om stadsafvalbestuur te verbeter en onwettige storting te bekamp.
Volgens 'n sosialemediaplasing van die metro is ses “skip”-houers in geïdentifiseerde hoëbehoefte-gebiede geplaas om as gesentraliseerde versamelpunte vir grootskaalse afval te dien.
Hierdie ingryping vorm deel van die munisipaliteit se breër strategie om ’n skoner, gesonder en meer volhoubare stedelike omgewing vir alle inwoners te bevorder.








Comments