top of page

Mangaung stort in duie, maar die stadsbestuur kry 10 uit 10

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 1, 2025
  • 1 min read

Terwyl die Mangaung Metro Munisipaliteit sigbaar in duie stort, het die stadsbestuur volpunte vir sy sleutelprestasie-beoordeling (KPI) ontvang.

Dit volgens VF Plus-raadslid Henry Denner, wat sê dit blyk uit die jongste kwartaalverslag oor dienslewering en die begrotingsimplementeringsplan.

Volgens Bloemnuus beoordeel die verslag 67% van die metro se totale prestasies as “volledig effektief” tot "uitsonderlik bogemiddeld”.

Reaksiesyfers op diensversoeke word aangegee as 96,9% vir sanitasie en 87,3% vir waterverwante probleme.

Denner sê dit strook nie met die ervaring van inwoners, wat op gemeenskaps-WhatsApp-groepe anders getuig nie.

Hy sê hierdie soort selfverheerliking is tekenend van die ANC wat tred met die werklikheid verloor het.

 
 
 

Comments


bottom of page