top of page

Mangaung-tronkbeamptes word van ‘n gevangene se moord verdink

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Mar 17
  • 1 min read

Die familie van ‘n gevangene wat in die omstrede Mangaung G4S-gevangenis in Bloemfontein, opgesluit was, is in skok na die nuus dat hy glo deur tronkbeamptes vermoor is. Volgens gevangenes wat met Sunday World gepraat het, het die tronkleierskap 'n klopjag uitgevoer en is Mpho Mkumbeni, glo in sy sel vermoor. Dit na hy daarvan aangekla is dat hy glo kontant by beamptes gesteel het. ‘n Woordvoerder van korrektewe dienste, Singabakho Nxumalo, het bevestig dat Mkumbeni by die sentrum oorlede is, en dat die omstandighede rondom sy dood, insluitend die oorsaak, tans ondersoek word. As deel van standaardprosedure moet 'n lykskouingsverslag deur forensiese owerhede voltooi word. Dit sal aan die departement voorgelê word om 'n deeglike ondersoek te verseker. ’n Geregtelike doodsondersoek is by die Bloemspruit-polisiekantoor in Bloemfontein geopen.

 
 
 

Comments


bottom of page