Mangaung-voertuie is glo weens uitstaande skuld teruggeneem
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 9
- 1 min read
Minstens 34 voertuie van die Mangaung Metro Munisipaliteit is glo deur die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer teruggeneem weens uitstaande betalings.
Volgens STEP UP SA News sluit die voertuie onder meer motors en motorfietse in wat na bewering deur die metro gebruik is.
Daar word verder berig dat 24 van die voertuie glo aan die verkeersafdeling toegeken was, terwyl die res deur korporatiewe dienste gebruik is.
Bronne het volgens STEP UP SA News aangedui dat die Mangaung-metro meer as R23 miljoen aan die staatsmotorhawe verskuldig is.
Die metro se waarnemende hoofbestuurder van kommunikasie, Nicolette Maysiels het volgens die berig nog nie terugvoer gegee nie.








Comments