top of page

Mango Airlines dalk binnekort weer in die lug

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 8
  • 1 min read

Mango Airlines kom nader daaraan om weer sy bedrywighede in Suid-Afrika te hervat. Dit nadat die lugredery vir vier jaar gegrond was. Die staatsbeheerde lugredery, wat in Julie 2021 sy bedrywighede gestaak het, is nou in die finale stadiums van die afhandeling van ‘n transaksie met ‘n geselekteerde belegger wat die weg vir sy terugkeer kan baan. Business Tech berig dat die sakereddingspraktisyn, Sipho Sono, hierdie week bevestig het dat vordering gemaak word.

 
 
 

Comments


bottom of page