top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Mango gee moontlik koopbewyse terug - indien hy weer vlieg

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 12, 2025
1 min read

Die laekostelugdiens Mango het ’n platform bekendgestel vir passassiers om hul besonderhede in te vul, met die moontlikheid om ’n koopbewys te ontvang vir gebruik, sou die lugredery sy vlugte hervat.

Dit geld vir diégene wat kaartjies vir vlugte ná 26 Julie 2021 gekoop het, nadat Mango se vlerke in April 2021 geknip is en hy sedertdien in sakeredding is.

Maroela Media berig Mango is tans in die finale stadiums van die afhandeling van ‘n transaksie met die gekose belegger, wat sal help om bedrywighede weer te hervat.

LEES MEER: 

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), sê Mango sal ‘n filiaal bly, maar hy het geen gesag of direkte toesig oor Mango se finansiële verpligtinge of sy huidige en toekomstige sakeplan nie.

Die platform het op 4 Junie geopen en sluit op 1 September.

 
 
 

Comments


bottom of page