Mango se vlerke word dalk finaal geknip
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 19
- 1 min read
Die laekoste lugdiens Mango gaan in alle waarskynlikheid finaal sluit nadat sy beoogde koper, Ubuntu Air, onttrek het uit die reddingsproses. Die lugredery is in Julie 2021 in vrywillige sake-redding geplaas, maar pogings om befondsing te kry is vertraag deur regeringsprosesse en regsprobleme met skuldeisers. Die belegger het op einde Julie onttrek en het vertragings in die proses en ’n gebrek aan finansiële steun as redes aangevoer. Die reddingspraktisyns stel nou ’n gestruktureerde sluiting vir die maatskappy voor, wat meer vir skuldeisers sal oplewer as likwidasie. Mango bly ’n filiaal van die Suid-Afrikaanse Lugdiens.





Comments