top of page

Mango se vlugplanne in die wiele gery

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 20
  • 1 min read

Die proses om die laekoste-lugredery, Mango, weer in die lug te kry is blykbaar gestaak. Dit nadat die Gauteng-hooggeregshof in Johannesburg verklaar het dat die reddingsplan nie geïmplementeer kan word nie.

Volgens iOL het Aviation Co-ordination Services (ACS) Mango en sy besigheidsreddingspraktisyn, Sipho Sono, hof toe gesleep in verband met die redding van dié filiaal van Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL).

Mango het SAL ongeveer R2.91 biljoen geskuld voordat dit in Julie 2021 onder besigheidsredding geplaas is.

Ten tyde daarvan het Mango geen materiële bates gehad nie.

LEES MEER: 

Vroeër vandeesmaand het Sono Mango se voorneme om weer operasioneel te wees aangekondig, en passassiers met ongevliegde kaartjies versoek om op hul webtuiste te registreer vir 'n volle terugbetaling sodra dit ná vier jaar weer sou vlieg.

 
 
 

Comments


bottom of page