Mans wat selfoontorings in vier provinsies stroop sit nou in die tronk
- Nadia Pieters

- Oct 29
- 1 min read
Mans wat selfoontorings in minstens vier provinsies, insluitend die Vrystaat, gestroop het, is tronk toe gestuur.
Netwerk24 berig die drie is elk gister tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur, inbraak en diefstal.
Hulle is in Junie 2019 aangekeer nadat die Valke ‘n georganiseerde-misdaadsindikaat blootgelê het.
Die sindikaat het battery by selfoontorings in nie net die Vrystaat nie maar ook in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap gesteel.
Dit het tot groot verknorsing in die selfoonnetwerk gelei.
Vyf verdagtes is oorspronklik in hegtenis geneem, een is intussen oorlede en die vyfde is nie vervolg nie.






Comments