Mantashe blameer De Beers vir die Kimberley-modderstorting
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 20
- 1 min read
De Beers Consolidated Mines dra die blaam vir die modderstorting by die Ekapa-myn in Kimberley waar vyf mynwerkers steeds ondergronds vasgekeer is.
Dit volgens Minerale- en Petroleumhulpbronminister, Gwede Mantashe.
Hy het die myn Donderdag besoek en gesê hoewel meer as vier lewens as ’n ramp beskou word, word die werkers in hierdie stadium nog nie dood verklaar nie.
Volgens Mantasha is reddingspanne reeds ondergronds, maar die reddingsoperasie is meer kompleks as wat aanvanklik verwag is.
Die voorval volg nadat 41 mynwerkers landswyd verlede jaar in afsonderlike voorvalle oorlede is.
Die situasie word nou fyn dopgehou terwyl pogings voortduur om die vasgekeerde werkers veilig na die oppervlak te bring.







Comments