top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Mantashe se aanstelling toon glo dat Ramaphosa nie omgee oor SA nie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jul 16, 2025
1 min read

Die aanstelling van die minister van minerale en petroleumbronne, Gwede Mantashe, as waarnemende polisieminister versterk die oproep dat president Cyril Ramaphosa moet bedank.

So sê die woordvoerder van die Aktiviste- en Burgersforum, Dennis Bloem, nadat die presidensie aangekondig het dat Ramaphosa vir Mantashe as waarnemende polisieminister aangestel het tot 31 Julie. Daarna sal Firoz Cachalia by Mantashe oorneem.

Die aanstellings volg nadat Ramaphosa vir polisieminister Senzo Mchunu op spesiale verlof geplaas het weens opspraakwekkende korrupsiebewerings.

Netwerk24 berig Bloem sê Mantashe se aanstelling toon dat Ramaphosa nie omgee vir die mense van die land nie. Hy voeg by Suid-Afrika het ‘n president nodig wat die land bo partypolitieke belange plaas en die mense eerste stel.

 
 
 

Comments


bottom of page