Mantashe se aanstelling toon glo dat Ramaphosa nie omgee oor SA nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 16, 2025
- 1 min read
Die aanstelling van die minister van minerale en petroleumbronne, Gwede Mantashe, as waarnemende polisieminister versterk die oproep dat president Cyril Ramaphosa moet bedank.
So sê die woordvoerder van die Aktiviste- en Burgersforum, Dennis Bloem, nadat die presidensie aangekondig het dat Ramaphosa vir Mantashe as waarnemende polisieminister aangestel het tot 31 Julie. Daarna sal Firoz Cachalia by Mantashe oorneem.
Die aanstellings volg nadat Ramaphosa vir polisieminister Senzo Mchunu op spesiale verlof geplaas het weens opspraakwekkende korrupsiebewerings.
Netwerk24 berig Bloem sê Mantashe se aanstelling toon dat Ramaphosa nie omgee vir die mense van die land nie. Hy voeg by Suid-Afrika het ‘n president nodig wat die land bo partypolitieke belange plaas en die mense eerste stel.






Comments