Mantashe waarsku vulstasies
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 5, 2025
- 1 min read
Vulstasies is gewaarsku dat brandstoftoetse sal voortgaan om dié wat diesel met paraffien meng, vas te trek. Dit volgens die minister van minerale hulpbronne, Gwede Mantashe. Die onwettige praktyk, gedryf deur paraffien se laer, onbelaste prys, kos die staat sowat R3.6d miljard per jaar. Die departement gebruik, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, chemiese merkers om dié geknoei te identifiseer. Die handel in vervalste brandstof beskadig voertuig-enjins, knou inkomste, en word gekoppel aan misdaadgroepe wat paraffienmerkers verwyder voor dit met diesel gemeng word.






Comments