March and March wil 'n 'AfriForum vir swart Suid-Afrikaners' wees
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 4
- 1 min read
Die omstrede teen-onwettige immigrasiebeweging March and March sê hy het geen voorneme om 'n politieke party te word nie, maar wil eerder ontwikkel tot wat hy as 'n "AfriForum vir swart Suid-Afrikaners" beskryf.
Eyewitness News berig die organisasie het Maandag aangekondig dat hy 'n forum vir maatskaplike geregtigheidsgedinge en 'n humanitêre stigting tot stand gebring het.
March and March het die afgelope maande gewildheid verwerf met goed bygewoonde betogings teen onwettige immigrasie.
Die leier van March and March, Jacinta Ngobese-Zuma, sê daar is openbare druk op die organisasie om as 'n politieke party te registreer. Sy sê egter die beweging wil eerder soos die Afrikaner-belangegroep AfriForum funksioneer, om uiteindelik skole te kan bou en dinge kan doen waarop Suid-Afrikaners trots kan wees.








Comments