Marco Olivier-beelhouwerke pronk in Mitchellsplein

Die skenking van twee Marco Olivier-beeldhouwerke aan RLabs House in Mitchellsplein in die Weskaap, is deur Ricardo Mackenzie, die provinsiale minister van kultuursake en sport gefasiliteer. Die beelde, wat die gesig van Nelson Mandela uitbeeld, verteenwoordig hoop en inspirasie vir plaaslike gemeenskappe en die jongmense wat RLabs daagliks besoek. Die skenking kom nadat Mackenzi Sondag vir Olivier ontmoet hy. Hy het die kunstenaar Maandagoggend na Mitchellsplein geneem, waar Olivier geïnspireer is om gemeenskappe deur sy kuns te help verander. RLabs House, wat as 'n baken van kreatiwiteit en hoop in die hartjie van Mitchellsplein staan, vier tans sy tweede bestaansjaar met 'n uitstalling genaamd, "Where Art & Hope Meet," om nuwe en opkomende kunstenaars van regoor Kaapstad te belig.








Comments