top of page

Marokko se Gen Z-proteste eis die lewe van twee mense

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 3
  • 1 min read

Minstens twee mense is in Marokko oorlede nadat die polisie losgebrand het om te verhoed dat betogers 'n polisiestasie bestorm.


BBC berig dit is die eerste aangemelde sterftes sedert groot jeuggeleide protesoptogte die naweek regoor Marokko uitgebreek het.


Dit namate woede toeneem oor die regering se besluit om sokkerstadions vir die 2030 FIFA Wêreldbeker te bou eerder as om openbare dienste te verbeter en die ekonomiese krisis aan te pak.


Intussen het organiseerders van die jeuggeleide protesbeweging bekend as GenZ 212 - die nommer wat verwys na Marokko se internasionale skakelkode - het hulself van die geweld gedistansieer.


Hulle het hoofsaaklik deur sosiale media saamgedrom en het nie 'n formele leierskapstruktuur nie.


FOTO: BBC
FOTO: BBC

Comments


bottom of page