Masemola belowe om die polisiediens te versterk

6 days ago
1 min read
Die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, het belowe om die polisiediens te verenig en sy institusionele integriteit te versterk.
Masemola het Maandag die media toegespreek nadat hy na sy amp teruggekeer het. Hy sê sy terugkeer bied ’n geleentheid om die polisie se verbintenis tot die oppergesag van die reg, aanspreeklikheid en die nasionale belang te herbevestig.
Masemola sê hy bly daartoe verbind om te verseker dat die polisie die mense van Suid-Afrika dien en beskerm.
Hy het president Cyril Ramaphosa bedank omdat hy sy voorsorgskorsing opgehef het, en ook sy dank uitgespreek vir die ondersteuning wat hy ontvang het.
LUISTER HIER:
Genl. Fannie Masemola









Comments