Masemola besoek Lesotho oor bewerings van Basotho-‘opleidingskampe’ in die Vrystaat
- Armando Pieters

- Aug 5
- 1 min read
Nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, is tans in Lesotho om met sy eweknie oor die bewerings van ʼn geheime Lesotho-rebelliemag in Suid-Afrika te vergader. Maroela Media berig Masemola en sy afvaardiging het Lesotho se polisiekommissaris, Borotho Matsoso, in Maseru ontmoet. Dit volg nadat Matsoso vroeër beweer het dat ʼn groep genaamd Malata Naha in Lesotho besig is om veral Basotho-jongmense te werf, en militêre opleiding op plase in die Vrystaat aan hulle te verskaf. Volgens nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe, is verskeie soektogte op verskillende plase gedoen en geen bewyse van enige onwettige opleidingskampe is tot dusver gevind nie.





Comments