top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Masemola ondersteun harde optrede teen gewapende misdadigers

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 25, 2025
  • 1 min read

Meer as 20 polisiebeamptes is binne byna 'n jaar in die uitvoering van hul pligte vermoor. Die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Fannie Masemola, het sy volle steun agter polisiebeamptes - wat met gesag en krag optree in die stryd teen misdaad - geplaas. Luidens 'n polisieverklaring kom dit na verskeie insidente in verskillende provinsies waar swaar gewapende misdadigers die wet ignoreer, gruwelike misdade pleeg en in dodelike skietgevegte met die polisie betrokke raak. Masemola sê solank misdadigers die polisie aanval, sal die polisie beslissend reageer, soos die wet dit vir hulle toelaat. Hy het ook gesê dat polisiebeamptes bekommerd is oor verklarings wat misdadigers verdedig en die stilte wanneer polisiebeamptes of gemeenskapslede in die uitvoering van hul pligte doodgemaak word.

 
 
 

Comments


bottom of page