Masemola se skorsing is opgehef

Oct 16
1 min read
President Cyril Ramaphosa het die voorsorgskorsing van die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, opgehef.
Masemola is in April geskors nadat hy in die Pretoria-landdroshof verskyn het op aanklagte van die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die aanklagte is verlede maand teruggetrek.
Dit hou verband met ’n omstrede kontrak vir polisiewerknemers se gesondheidsdienste wat aan Medicare24 toegeken is.
Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Masemola sal Maandag sy volle pligte hervat.









Comments