top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Masemola sê skade aan Transnet-infrastruktuur is ekonomiese sabotasie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 15, 2024
1 min read

Die nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Fannie Masemola, sê skade aan Transnet-infrastruktuur is ekonomiese sabotasie. Hy sê dit is omdat Transnet-pypleidings ‘n jaarlikse gemiddeld van 16 miljard liter vloeibare brandstof, en meer as 450 miljoen kubieke meter gas oor talle provinsies bedien. Masemola het by die ondertekening van ‘n Memorandum van Verstandhouding tussen die polisie en Transnet gepraat. Die memorandum is daarop gemik om ’n vennootskap te bevorder en samewerking aan te moedig om hoë vlakke van misdaad wat met Transnet se netwerkinfrastruktuur geassosieer word, aan te spreek. Transnet het verhoogde verliese van tot sewe miljard rand vir die huidige jaar gerapporteer vanaf vyf-komma-een miljard rand wat verlede jaar aangemeld is.

 
 
 

Comments


bottom of page